Wat ouers sê

Regte gesinne. Regte stories. Ware vordering.

Goeie more Nienke

Ek deel met jou my blydskap oor hoe my jongste dogter, nou gr4, jul gr5 hulp boek ervaar.

Ons het besluit om reeds deur die boek te begin werk, omdat ons gesukkel het om verduidelikings te kry, wat sy verstaan vir gr3 en gr4. Nou kan ons terug gaan en die werk klaar maak vir die jaar.

Sy is van natuur slim en vinnig in hoofrekene maar hou nie daarvan om wiskunde of taal reels te leer en memoriseer nie.

Vanoggend was die boekkies afgelewer, baie dankie en ons het vlugtelik na dit gekyk oor ontbyt. Sy was nie opgewonde oor die nuwe boek nie en het met moeite n hoofstuk aangepak – geld. Ek het gevra dat hul n hoofstuk lees en notas maak om dan vir my te kom verduidelik wat in die hoofstuk staan. Wel… sy het sopas na my gekom en gesê “mamma! ek verstaan nou, ek verstaan! kan ek maar nog hoofstuk doen?” Wel met baie blydskap sê ek natuurlik ja, en sy kies toe tyd EN breuke.

Nienke my kind verstaan!!! BAIE dankie van n mismoedige mamma wie vir die afgelope 2 jaar sukkel om wiskunde te verduideluk sonder n “tutor”. Jul produk het soveel waarde aan ons tuisskool geheg, en dit in een dag, BAIE BAIE dankie vir wat jul doen. My kind is vir die eerste keer opgewonde en vrolik oor wiskunde.

Mag jul en jul besigheid geseend bly, in Jesus naam. Numerie 6’24-26 vir jou.

Groete

- Chantellé
error: Content is protected !!